Voor-En Nadele Van Trusts | Legal Articles

Cape Town Legal Correspondents

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Debt Collections

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Civil Litigation

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

Divorce & Family Law

Divorce & Family Law

Contact Us on 021 422 4963 / [email protected]

 

Voor-En Nadele Van Trusts

Daar is verskeie voor en nadele van ‘n trust in Suid Afrika. Alhoewel hierdie waarskynlik nie ‘n samevatting van alle voordele en nadele is nie, deel ons graag ons ondervinding van die vernaamste voor- en nadele by die oorweging van ‘n Trust met u.

attorneys Cape Town

Voor en Nadele van 'n Trust

Voordele van ‘n Trust:

  • Groei wat in die trustbates plaasvind, vestig in die Trust en nie in u persoonlike boedel nie.
  • Deur die bates aan die Trust te verkoop, sal die bedrag wat deur die Trust aan u verskuldig is, uitstaande op die leningsrekening bly en sal dit as ‘n bate in u boedel beskou word. Hierdie bedrag kan egter vir boedelbelastingdoeleindes verminder word deur die jaarlikse skenkingsbelastingvrystelling van R100 000 te benut.
  • ‘n Trust bied beskerming teen probleme indien u verstandelik onbevoeg raak. Dit kan dit ook onnodig maak om ‘n kurator aan te stel om u finansiële sake te hanteer.
  • ‘n Trust bly vertroulik, anders as dokumente soos testamente en rekords van bestorwe boedels wat openbare dokumente is en oop is aan die publiek ter insae.
  • ‘n Trust kan finansiële beskerming aan gestremde afhanklikes, spandabelrige kinders of begunstigdes met spesiale behoeftes bied.
  • ‘n Trust kan die koste van die administrasie van opeenvolgende boedels omseil deur voorsiening vir opeenvolgende begunstigdes te maak.
  • ‘n Trust kan die emosionele stres op u gesin verminder wanneer u sterf, aangesien die Trust sal voortgaan sonder enige van die formaliteite wat by ‘n bestorwe boedel vereis word.
  • Deur u Trustees verstandig te kies, kan u professionele bate- en beleggingsbestuur verseker.
  • Die Trust sal u in staat stel om, via die Trustees, na u dood ‘n mate van beheer oor die bates in die Trust te behou.
  • Na u dood en voordat u boedel afgehandel is, kan die Trust ‘n bron van inkomste aan u afhanklike(s) voorsien.
  • U sal verhoed dat u minderjarige kind se erfenis in die Voogdyfonds geplaas word.
  • U sal die probleme vermy om bates te moet verdeel ten einde ‘n gelyke uitkering aan die erfgename te doen.
  • Trustinkomste kan na die stigter se dood onder die begunstigdes met laer belastingkategorieë verdeel word wanneer individuele vrystellings aangewend kan word, maar alle belasbare inkomste wat in die Trust behou word, sal sonder enige vrystellingsvoordele teen 40% belas word.
  • Inkomstevlakke kan na goeddunke van die Trustees saam met die veranderende behoeftes van die begunstigdes gevarieer word.
  • Omdat die bates die eiendom van die Trust bly, en nie van die begunstigdes nie, hoef hulle ook nie die bates as deel van hulle boedels in te reken wanneer hulle sterf nie, wat ‘n besparing in boedelbelasting tot gevolg het.
  • Die trustbates sal om dieselfde rede teen krediteure beskerm wees.

Nadele van ‘n Trust:

  • U het nie meer algehele beheer oor u bates nie, aangesien die ander Trustees ook ‘n sê sal hê.
  • ‘n Trust word geregistreer en die owerhede kan toegang daartoe verkry.
  • U kan moontlik die verkeerde Trustees kies. Daar kan probleme ontstaan indien hulle wedywerende erfgename is. Dit is hoekom dit so belangrik is dat u minstens een onafhanklike Trustee moet hê.

Bailey Haynes – Prokureurs en Aktebesorgers in Kaapstad

Vir kundige regshulp, of om meer te wete te kom oor die voor en nadele van 'n trust in Suid-Afrika, kontak ons ​​prokureurs in Kaapstad.

Comments

Got something to say? Join the discussion »

Leave a Reply

 [Quick Submit with Ctrl+Enter]

Remember my details
Notify me of followup comments via e-mail

Subscription

Get the latest updates in your email box automatically.

Search

Archive